' n Tuiste vir Almal







 CHRISTENSENTRUM, ELSPARK

   CHRISTENSENTRUM
   GEMEENTES             
   
      

                                 NUUS

 HUIDIGE NUUSBRIEF::

 

                       Februarie 2008:

  Liewe gemeente
 
    Dit is wonderlik om te lewe. Die nuwe
 jaar het pas begin en mens vergeet
 alreeds dat jy vakansie gehad het. 'n
 Mens moet leer om dinge in jou lewe te
 geniet terwyl die geleentheid daar is. Baie
 keer is alles so gejaag en jy besef nie dat
 daar dalk nooit weer so kans kom nie. 'n
 Klompie jare gelede het 'n groep van ons
 die Walvisroete gestap. Toe ons daar is
 het van ons die tyd so omgewens. Ons
 kon nie wag om net klaar te loop nie. Nou
 probeer ons weer plek kry om daar te
 gaan stap, maar dis jare vooruit vol
 bespreek. Ek moes dit meer geniet het toe
 ek daar was.


   Dit bring my by ons lewe vandag, nou en
 hier. Elspark beleef 'n blomtyd. Dit gaan
 uitstekend goed in die gemeente. Ons
 nuwe stigting in Lambton geniet God se
 guns. Oor jare vorentoe gaan ons
 terugkyk en praat van die "goeie ou jare".
 Kom ons geniet dit nou. Dalk gaan daar
 gesê word: Onthou jy die tyd toe petrol
 maar R7 per liter was.

   Ons moet ons lewe geniet. Daarmee
 bedoel ek nie dat dit sondig moet wees
 nie. Moet tog net nie jou lewe omwens
 nie.

   Ons kyk na die toekoms en wens na
 dinge. Ons wens na die komende vakansie,
 mooi dinge in die toekoms, ons drome.
 Intussen gaan die lewe by ons verby.

   Kom ons leef vir nou!!
   God is in beheer.


    Liefde
    Eric
                       
   

 2008:

Christensentrum Elspark begin 'n
nuwe gemeente in Lambton, Germiston.
Die eerste diens het op 13 Januarie plaasgevind.

               
   

                       2007:

Dr. Isak Burger besoek Christensentrum Elspark op 7 November 2007.
  

    . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

           
      Mannekamp terugvoer
                5 Oktober

                        

Francois Erasmus (regs): "Dit was opbouend en ek het 'n wonderlike ervaring beleef die tyd wat ons in die veld deurgebring het. Dankie vir die profetiese woord, dit het vir my baie beteken. Die hele naweek was 'n fees - daar is regtig niks wat ek kan uitsonder nie."

   . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

     Potjiekoskoning vir 2007!



Leon Botha (links) wen die Potjie-trofee vir 2007. By hom is Pastoor Eric Meintjes.